www.dp2construction.co.za

spanne

Kliek op enige span om tye, opponente en veld te sien.

Wedstryd skedule

Velde Uitleg

Reëlings

• 23 Spelers – enige tyd gedurende die wedstryd kan spelers ruil.
• Wees asseblief betyds langs die veld sodat ons vinnig kan ruil.
• Noodhulp sal beskikbaar wees.
• Daar sal ‘n snoepie wees.
• Kleedkamers is beskikbaar: Maak gebruik van die kleedkamers in die De Hoop Sentrum.
• Skeidsregters en grensregters word voorsien.
Geen wenspan!! Speel slegs vir genot en om spanne uit te sorteer.
• Seuns sal elkeen ‘n kospakkie ontvang.
• Afrigters en spanbestuurders is welkom om tydens die breuk in die De Hoop Sentrum iets te kom geniet.
• Elke span speel drie wedstryde van 20 minute elk. ‘n Rustyd van 2 minute word na 10 minute toegelaat.
• Begin en einde van elke wedstryd word deur ‘n sirene aangedui. Spel stop onmiddellik met die lui van die sirene (dit geld vir ‘n strafskop ook). Indien spanne nie betyds begin nie, word die span wat die oponthoud veroorsaak het met een drie vir elke minuut gepenaliseer.
• Slegs beserings van ernstige aard sal op die speelveld behandel word. Alle ander beserings moet buite die speelveld deur die noodhulppersoneel behandel word. Daar sal geen beseringstyd by enige wedstryd bygevoeg word nie. Afrigters mag tydens ‘n besering onmiddellik ‘n plaasvervanger op die veld stuur.
• Met die toekenning van ‘n strafskop mag daar nie vir punte pale toe geskop word nie. Die ander opsies tydens ‘n strafskop bly steeds van krag.